Pagina's

woensdag 13 juni 2012

ek herhaal jou


Ek herhaal jou
sonder begin of einde
herhaal ek jou liggaam
Die dag het 'n smal skadu
en die nag geel kruise
die landskap is sonder aanzien
en die mense 'n ry kerse
terwyl ek jou herhaal
met my borste
wat die holtes van jou hande namaak.



- ingrid jonker-